Orde van die Rosekruis

Die tempel van die Rosekruis deur Teophilus Schweighardt Canstantiens, 1618

Die orde van die Rosekruis is 'n hermatiese esoteriese orde wat vir die eerste keer in die 17de eeu gedokumenteer is. Die orde was glo gestig om meer hulp aan humanitêre geestesontwikkeling te bied. Die broeders van die Rosekruis met hulle wortels in westerlike tradisie word glo deur studente van metafisika as 'n belangrike komponent van hermatiese westerlike Alchemie na die uitkoms van Dante se Komedie (1308–1321) beskou. Alhoewel navorsers glo dat die groep 'n oorsprong in Duitse Protestantisme tussen 1607–1616 gehad het, toe 'n geheime tog alomgesirkuleerde pamflet in Europa versprei was genaamd Fama Fraternitatis Rosae Crucis Confessio Fraternitatis. Hierdie pamflet het glo 'n groot invloed oor die tydperk gehad, dat die geskiedkundige Frances Yates, die 17de eeu as die eeu van Rosekruis inspirasie beskryf het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search